Next dates for Action Ringball

21 July 2018 


Ekurhuleni North Schools Ringball presents the 

Century21 Action Ringball Tournament
to be held on 21 July 2018 @ Benoni Action Sport,
12 Elston Avenue, Benoni.

This event is proudly sponsored by Century 21 East Rand.

All teams to pre-register by 10/7/2018. Registration forms available from tanya.combrink@century21.co.za / 082 880 1050.

Cost: 
U/18 & New Player Teams R350-00 per team / Adult teams R450-00 per team.

Team Criteria:

• Teams may consist of players from different schools / clubs / districts. Highest age of any player in the team will be taken into account when teams are placed into leagues. 
• Teams may consist of either Male, Female or Mixed Players . Maximum 3 Males per team may play for a mixed team at any time. We reserve the option to combine leagues depending on number on registrations received.
• Players on the original application may be replaced by another player before 09:00 on the day of the tournament keeping in mind that the Team Criteria must still be adhered to.
• Teams may consist of between 6 – 9 players. In the case of 7 or more players – all players must play at least one half of a game.
• New Player Teams – This is for teams where none of the players have played Ringbal for Schools / Clubs during 2017 and 2018. 
• Point system: Win 4 Points, Draw 2 Points, Lose 0 Points
See Less




 

 


AKSIE BINNENSHUIS RINGBAL SPELREëLS

Reël wysigings tov Ringbal – aangepas vir binnenshuise toestande.

Let daarop dat alle ander reëls steeds van toepassing is soos vir buitemuurse Ringbal.

SPEELVEREISTES

1.                  DIE SPEELVELD

1.1              Bestaande Standaard binnenshuise (Aksie) Krieket/Netbalbaan word gebruik

1.2              Binnenshuise sintetiese baan met oppervlakte 28m x 10m verdeel in 3 blokke van 10m  x 9.3m.   

1.3              Die volgende veranderings mag aangebring word :

1.3.1                 Wit kol 20cm in deursnee regonder die doelpaal asook in middelafdeling (reg in die middel) tussen die twee  middellyne.

1.3.2                 Straflyn : Wit lyn 500mm lank en 1,5m vanaf middellyn in elke doelblok, in die middel van baan.

             
  

2.                  DIE NET

2.1              Die arena se reëls rondom die nette moet ten alle tye gehoorsaam word.

2.2              Die net mag op geen manier deur ‘n speler gebruik word nie.  Misbruik van die net is strafbaar met ‘n vrygooi.  (Bv : die speler trap op die net met ontvangs van die bal of verloor balans of gebruik die net vir momemtum)

2.3              Wanneer die bal enige net op enige stadium raak en in watter rigting ookal beweeg, mag die speler wat die bal beheer het, nie direk weer die bal bemeester en aanspeel nie. 

2.4              Indien dit wel gebeur sal die opponerende span ‘n vrygooi kry en aanspeel op die plek waar die bal net geraak het.

2.5              Wanneer die bal in verdediging teen die net geklap word, mag dieselfde speler weer die bal hanteer.

2.6              Die net mag egter gebruik word om die bal na ‘n spanmaat aan te speel.  

2.7              Die bal mag nie van die middelblok af direk teen die net agter die doelpaal gegooi word voordat ‘n doel dit vang nie.  Dit mag ook nie eers teen ‘n kantnet gegooi word en vandaar teen die agterste net wip voordat dit deur ‘n doel gevang word nie.  Dit is oor die doel afdeling en die opponerende span moet aanspeel op die plek vanwaar die bal gegooi was.

3.                  WEDSTRYD BEAMPTES

3.1              Skeidsregter soos deur die Skeidsregtersvereniging of beherende liggaam aangewys.

3.2              Twee (2) tellinghouers – een (1) van elke span wat saam met die Skeidsregter telling hou.

4.                  SAMESTELLING VAN SPANNE

4.1              Spanne sal bestaan uit maksimum van nege (9) spelers waarvan 6 gelyktydig op die baan moet wees.

4.2              Gemengde spanne kan bestaan uit mans en dames waarvan daar nooit meer as drie (3) van een geslag gelyktydig aan ‘n wedstryd mag deelneem nie.

5.                  PLAASVERVANGERS

5.1              Daar mag slegs van drie (3) plaasvervangers gedurende die wedstryd gebruik gemaak word.

5.2              Ruilings mag slegs tydens beserings en half tyd maak word.

6.                  KLEREDRAG                                                                                                                                                    6.1 Alle spelers sal in eenvormige speelklere geklee wees soos voorgeskryf word in die RingbalSA Grondwet en Regulasies tot die Grondwet.

7.                  TYD

7.1              Die wedstryd word in twee-en-dertig (32) minute afgehandel.

7.2              Die twee helftes duur elke vyftien (15) minute

7.3              Rustyd tussen die twee helftes is twee (2) minute.

                              

Spelreëls

8.                  AFGOOI VIR BEGIN VAN WEDSTRYD

8.1              Die span wat die loot gewen het sal afgooi vanaf die kol in die middel afdeling naaste aan sy verdediger afdeling.

8.2              Die opponente afgooi staan binne-in die middelsirkel totdat die fluitjie geblaas het.

8.3              Die ander twee (2) middel spelers kan enige plek in die middel afdeling staan; daar is dus geen vlerke.

8.4              Die res van die spelers mag enige plek in hul afdelings staan tydens die afgooi.

 

9.                  AFGOOI NA ‘N DOEL AANGETEKEN IS

9.1              Enige opponente verdediger mag vanaf die kol binne die doelsirkel reg onder die doelpaal die spel begin direk na ‘n doel poging geslaag het.    Die speler wat afgooi hoef nie te wag vir die bevel vanaf die skeidsregter nie. 

9.2              Voordat so ‘n afgooi mag plaasvind moet enigeen van die doele tydens die afgooi binne die doelsirkel langs die baldraende verdediger stilstaan en mag nie aan die spel deelneem nie. 

9.3              Die bal mag egter nie van die afgooi direk na die middel afdeling aangespeel word nie.  Die opponente doel mag nie onnodig tyd mors om binne die doel sirkel in te beweeg nie. 

9.4              Die afgooi moet egter plaasvind binne die toegelate twee (2) sekondes. 

9.5              Indien die skeids­regter van mening is dat enige speler doelbewus tyd mors na die aan­teken van ‘n doel kan hy hulle gewaarsku.  ‘n Strafgooi word toegeken indien tydmors met afgooi herhaaldelik voorkom. 

10.              BAL BUITE SPEL

10.1          Die bal is slegs buite spel wanneer die skeidsregter aandui dat rustyd of die einde van die wedstryd aangebreek het.

11.              DOELPOGING

11.1          ‘n Doelgooier mag vyf (5) sekondes neem om ‘n 2-punt doel te gooi vandat die bal ontvang is totdat die bal die hande verlaat het. 

11.2          Wanneer ‘n doelspeler poog om doel te gooi, mag hy nie die bal eers teen die net agter die doelpaal gooi om dan vanaf die net in die doelring in te val om sodoende ‘n doel aan te teken nie.

12.              ALGEMENE SPEL

12.1          ‘n Speler het slegs twee (2) sekondes vir die aanspeel van die bal.

12.2          Die volgende oortredinge is strafbaar met ‘n vrygooi aan die opponerende speler op die plek waar die fout begaan is :

12.2.1             Loop met die bal;  fop aangee (mik);  bal teen die lyf vang;  bal vang vanaf die net nadat dieselfde persoon dit teen die net gespeel het;  vir langer as twee (2) sekondes met die bal staan;

12.2.2             Trap op enige binnelyn of net;  ontvang van die bal oor enige binnelyn;  trap op die doelsirkellyn terwyl poog om doel te gooi.

12.2.3             Bal vanaf ‘n afgooi na ‘n suksesvolle doelpoging direk na middel afdeling te speel;  bal direk oor enige afdeling speel sonder dat enige speler in daardie afdeling die bal hanteer het;  die bal vanaf die middel afdeling direk na die doel afdeling te speel.

12.3          Die bal moet in elke blok deur ten minste een speler hanteer word.  Die bal mag met ander woorde nie vanaf die verdedigerblok direk na die doelblok gegooi word sonder dat ‘n middelspeler die bal hanteer het nie.

13.              Strafgooi

13.1          ‘n Strafgooi word aan die opponente toegeken wanneer ‘n speler van ontoelaatbare gedrag en spel deur die skeidsregters gestraf word.

13.2          Die speler wat die strafgooi poging neem het die keuse om doel te gooi vanaf enige plek buite die doelsirkel vir twee (2) punt. 

13.3          Indien die speler egter verkies om vanaf die strafdoel streep te gooi, sal ‘n suksesvolle  poging drie (3) punte tel.

13.4          Indien ‘n speler opsetlik teen die net gestamp word, is dit strafbaar met ‘n strafgooi.

 

14.              DISKWALIFIKASIE

14.1          Alle onnodige/doelbewuste obstruksie, vuilspel, onnodige kontak, ruwe spel en/of ander optrede wat volgens die skeidsregter ontoelaatbaar is, is strafbaar met ‘n waar­skuwing en ‘n strafgooi.

14.2          Vir die tweede soortgelyke oortreding sal die speler ‘n geelkaart ontvang en ‘n strafgooi word toegeken aan die opponent.

14.3          Indien ‘n speler wat reeds ‘n geelkaart gekry het, volhou met die ongeoorloofde of on­toelaatbare spel, kan die skeidsregter vir die speler ‘n rooikaart gee en vir drie minute van die baan af stuur.   Indien die betrokke speler volhou met die ongeoorloofde of ontoelaatbare spel ken die skeidsregter die speler weer ‘n rooikaart gee en vir die res van die wedstryd van die baan afstuur.

14.4          Indien ‘n speler van die veld gestuur of buite spel is moet die span voorsiening maak dat daar te alle tye twee (2) spelers in die verdedigerblok is.